Netanyahu: Dis te gou om te weet of Iran by Flydubai-gebeure betrokke was

Loading player...
Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sê dis te gou om weet of Iran by gister se Flydubai-gebeure betrokke was. 'n Medevlieënier op 'n vlug van Dubai na Tel Aviv het die vlieënier in die stuurkajuit met 'n mes gesteek in 'n klaarblyklike poging om die vliegtuig te laat val. Passasiers en die kajuitpersoneel het die aanvaller oorrompel en twee ander vlieëniers van Flydubai wat aan boord was, het die vliegtuig veilig in Saoedi-Arabië laat land. Netanyahu het aan Fox News gesê hulle ondersoek die voorval om vas te stel of dit 'n terroriste-aanval was:
1 Oct 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kubayi sê deportasies van onwettige buitelanders sal voortgaan

Die voorsitter van die Suid Afrikaanse Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê die regering sal voortgaan om immigrasiewette toe te pas, insluitend die deportasie van onwettige buitelanders. Kubayi het in Pretoria die gevolge van die Konstitusionele Hof se uitspraak uiteengesit. Kubayi sê buitelandse burgers wat onwettig in die land…
12 Oct 6AM 1 min

Zimbabwe worstel ook hoë plaaslike brandstofkostes

En dis nie net in Namibië en Suid Afrika waar oor ons die hoë brandstof-pryse kla nie: Zimbabwe worstel ook tans met hemel-hoë plaaslike brandstofkostes wat van die hoogste in die streek is. Die land se hewige petrol- en diesel-pryse word grootliks aangedryf deur voortdurende geopolitieke spanning. Die Zimbabwiese sakeman…
12 Oct 5AM 1 min

Olie- en brandstofpryse kan nog lank hemelhoog bly

Oliepryse kan vir langer as verwag hoog bly, met 'n stadiger as normale daling selfs wanneer pryse begin afneem. Ekonoom Dawie Klopper sê in 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus dat dit tyd sal neem om olievoorrade weer op te bou en bedrywighede by raffinaderye te herstel. Die vooruitsigte kan…
12 Oct 5AM 1 min