Forum for South Africa: Ramaphosa se GBV-toespraak bied min nuuts

Loading player...
Forum for South Africa sê president Ramaphosa se toespraak oor geslagsgeweld bied min nuuts, hoewel die groep die verbintenisse verwelkom. Leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners het al voorheen beloftes gehoor terwyl vroue steeds sterf. Hy vra besliste optrede om reg-skuiwergate te vul, wetstoepassing te versterk en te verseker dat oortreders vervolg word. Mashilompane dring op openbare bewustheid om die vroeë aanmelding van verkragting, dreigemente en mishandeling aan te moedig:
1 Oct 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kubayi sê deportasies van onwettige buitelanders sal voortgaan

Die voorsitter van die Suid Afrikaanse Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê die regering sal voortgaan om immigrasiewette toe te pas, insluitend die deportasie van onwettige buitelanders. Kubayi het in Pretoria die gevolge van die Konstitusionele Hof se uitspraak uiteengesit. Kubayi sê buitelandse burgers wat onwettig in die land…
12 Oct 6AM 1 min

Zimbabwe worstel ook hoë plaaslike brandstofkostes

En dis nie net in Namibië en Suid Afrika waar oor ons die hoë brandstof-pryse kla nie: Zimbabwe worstel ook tans met hemel-hoë plaaslike brandstofkostes wat van die hoogste in die streek is. Die land se hewige petrol- en diesel-pryse word grootliks aangedryf deur voortdurende geopolitieke spanning. Die Zimbabwiese sakeman…
12 Oct 5AM 1 min

Olie- en brandstofpryse kan nog lank hemelhoog bly

Oliepryse kan vir langer as verwag hoog bly, met 'n stadiger as normale daling selfs wanneer pryse begin afneem. Ekonoom Dawie Klopper sê in 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus dat dit tyd sal neem om olievoorrade weer op te bou en bedrywighede by raffinaderye te herstel. Die vooruitsigte kan…
12 Oct 5AM 1 min