Zaamwani sê waterverbindingpojek van Kavangorivier na Windhoek in gevorderde stadium

Loading player...
Die Minister van landbou en water, Inge Zaamwani, sê die projek vir 'n waterverbinding van die Kavangorivier na Windhoek is tans in ‘n gevorderde stadium, met die projek se omgewingsimpak-beoordeling wat tans aandag geniet. Dié fase van die projek sluit in konsultasies met gemeenskappe, tradisionele leiers, streeks- en plaaslike owerhede en ander belanghebbendes. Minister Zaamwani sê sodra die uitslag van die impak-studie beskikbaar is, sal rolspelers weer vergader om die volgende fases te bespreek:
Inge Zaamwani Donderdag
1 Oct 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kubayi sê deportasies van onwettige buitelanders sal voortgaan

Die voorsitter van die Suid Afrikaanse Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê die regering sal voortgaan om immigrasiewette toe te pas, insluitend die deportasie van onwettige buitelanders. Kubayi het in Pretoria die gevolge van die Konstitusionele Hof se uitspraak uiteengesit. Kubayi sê buitelandse burgers wat onwettig in die land…
12 Oct 6AM 1 min

Zimbabwe worstel ook hoë plaaslike brandstofkostes

En dis nie net in Namibië en Suid Afrika waar oor ons die hoë brandstof-pryse kla nie: Zimbabwe worstel ook tans met hemel-hoë plaaslike brandstofkostes wat van die hoogste in die streek is. Die land se hewige petrol- en diesel-pryse word grootliks aangedryf deur voortdurende geopolitieke spanning. Die Zimbabwiese sakeman…
12 Oct 5AM 1 min

Olie- en brandstofpryse kan nog lank hemelhoog bly

Oliepryse kan vir langer as verwag hoog bly, met 'n stadiger as normale daling selfs wanneer pryse begin afneem. Ekonoom Dawie Klopper sê in 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus dat dit tyd sal neem om olievoorrade weer op te bou en bedrywighede by raffinaderye te herstel. Die vooruitsigte kan…
12 Oct 5AM 1 min