
Jaarlikse Whk-skou vuurwerke - hou jou dierekinders veilig!
Loading player...
Oudergewoonte is dit weer vanaand tyd vir die Windhoek Skou se vuurwerkvertoning. Kosmos 94.1 Nuus het met die Dierebeskermingsvereniging gesels, wat troeteldier-eienaars daaraan herinner dat vuurwerke aansienlike angs by diere kan veroorsaak, wat soms daartoe lei dat hulle weghardloop of hulself beseer. Silke van der Merwe, nasionale direkteur van die DBV is aan die woord.

