Malema: Eskom moet bedrywighede in stand hou sonder om wins te maak

Loading player...
Die EFF-leier Julius Malema sê Eskom behoort genoeg inkomste te genereer om sy bedrywighede in stand te hou, eerder as om wins te maak. Tydens die party se provinsiale manifesgeleentheid in Motherwell, Gqeberha in die Oos-Kaap, het Malema aangevoer elektrisiteit is 'n basiese reg en behoort meer bekostigbaar te wees. Hy het kritiek uitgespreek oor die hoë elektrisiteitskoste vir arm huishoudings en Eskom daarvan beskuldig dat hy plase en nywerhede bevoordeel wat gekoppel is aan wat hy, white monopoly capital, noem:
5 Oct 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cran: Digitale toekoms vereis dat daar verder as basiese internet-toegang beweeg word

Pascal Haingura, uitvoerende hoof van Cran, sê Namibië se digitale toekoms vereis dat daar verder as basiese internettoegang beweeg word na die bou van plaaslike menslike en berekeningsvermoë. Haingura het beklemtoon dat hoewel breëbandinfrastruktuur fundamenteel is, langtermyngroei afhang van onderwyshervormings in KI en datawetenskap, tegnologiese leierskap en privaatsektor-innovasie om ware…
12 Oct 2AM 1 min

Sokker: Manchester City maak sy merk met oorwnning teen Liverpool

Manchester City het Liverpool, wat met net tien man gespeel het, met 3-0 op Anfield geklop om sodoende hul voorsprong van drie punte boaan die Premierliga-punteleer te behou. Dit was City se eerste wedstryd sedert 'n onafhanklike kommissie die klub skuldig bevind het op alle aanklagte wat verband hou met…
12 Oct 1AM 1 min

SA binnelandse sake loods biometriese aanlynplatform vir asielaansoeke

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement ontwikkel 'n biometriese aanlynplatform om asielaansoeke te bespoedig, identiteitsverifikasie te versterk en te verhoed dat aansoekers wie se aansoeke afgekeur is, herhaaldelik eise indien om hul verwydering te vertraag. Na verwagting sal die platform teen 10 November vanjaar in werking…
12 Oct 1AM 1 min

Vyf vas vir dronkbestuur, meer as N$7,2m se dwelms in Sept gekonfiskeer

Die polisie sê hulle het oor die naweek vyf bestuurders vir dronkbestuur gearresteer: een in Mariental, drie in Rehoboth en een in Outjo. Die Mariental- en Rehoboth-verdagtes verskyn vandag in die hof. In Outjo het beamptes ‘n 20-jarige man aangekeer nadat hy glo roekeloos gery het. In Otjiwarongo is ‘n…
12 Oct 1AM 1 min