
DA: Skors polisiebeamptes wat van verkragting beskuldig word
Loading player...
Die DA sê polisiebeamptes wat van verkragting en ander geslagsgeweld beskuldig word, moet onmiddellik geskors word. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het in die 2025/2026-boekjaar 116 beweerde verkragtingsake aangeteken waarby beamptes betrokke was in vergelyking 95 sake die vorige jaar. Lisa Schickerling van die party dring aan die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, moet aanspreeklikheid versterk om te verseker bewerings word behoorlik ondersoek en beamptes word ontslaan wat skuldig bevind is:

