
SA brandstofpryse skiet ook op
Loading player...
In Suid Afrika het brandstof-pryse ook vandag duurder geword, met die Suid-Afrikaanse Vereniging van Petroleumkleinhandelaars wat waarsku die prysstygings gaan verdere druk op huishoudings en besighede plaas. Die prys van petrol het met meer as drie-Namibiese dollar per liter gestyg, terwyl die pryse van diesel en paraffien ook skerp toegeneem het. Vishal Premlall van SAPRA sê die hoër koste sal voedselpryse, vervoer en aflewerings beïnvloed en kan inflasie vererger. Premlall het ook gewaarsku hoë brandstofpryse kan die verkoop van onwettige brandstof en brandstof van swak gehalte bevorder.

