
Warm, sonnige week vir Namibië voorspel
Loading player...
Met ‘n bewokte en koel oggend wat die week hier in Windhoek afskop sal Namibië vandeesweek warm, oorwegend sonnige weer ervaar, na aanvanklike verbygaande buie en donderstorms Sondag. Dagtemperature in die sentrale binneland sal in die hoë 20's (°C) begin en teen die naweek geleidelik tot in die lae tot middel 30's (°C) styg. Albertina Anderson van die weerdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

