SA regering gaan Konstitusionele Hof nader vir leiding oor asielbeslissing

Loading player...
Die Suid Afrikaanse regering beplan om die Konstitusionele Hof te nader om hom meer tyd te gun vir die implementering van sy uitspraak, wat prosedurele struikelblokke vir asielaansoeke verwyder het. Die hof het sekere bepalings van die Wet op Vlugtelinge ongrondwetlik verklaar wat immigrasiebeamptes toegelaat het om 'n asielsoeker te deporteer indien hulle sonder 'n deurreisvisum in die land is. Die voorsitter van die Interministeriële Komitee oor Migrasie, minister Mmamoloko Kubayi, sê die regering mag dalk ook vra vir 'n opskortingtydperk om die Departement van Binnelandse Sake tyd te gee om die nodige kapasiteit te ontwikkel om aan die vereistes te voldoen.
12 Oct 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vyf vas vir dronkbestuur, meer as N$7,2m se dwelms in Sept gekonfiskeer

Die polisie sê hulle het oor die naweek vyf bestuurders vir dronkbestuur gearresteer: een in Mariental, drie in Rehoboth en een in Outjo. Die Mariental- en Rehoboth-verdagtes verskyn vandag in die hof. In Outjo het beamptes ‘n 20-jarige man aangekeer nadat hy glo roekeloos gery het. In Otjiwarongo is ‘n…
12 Oct 1AM 1 min

Johan Ackerman loof Blou Bulle se Loftus-oorwinning

Die hoofafrigter van die Blou Bulle Johan Ackerman sê hy is trots op sy span wat, ten spyte van ‘n week met baie uitdagings, hul staal kon wys en die Leeus met 'n orrtuigende 57-15 op Loftus te klop. Ackerman se sommige van die Bulls spelers was siek en kon…
12 Oct 12AM 1 min

NLU vra vir streeks-samewerking om BKS te stuit

Die Namibiese Landbou-unie-president, Thinus Pretorius, het met Kyknet se e-Nuus gepraat om te verduidelik hoe die land tot dusver die BKS-uitbreking hanteer het. Hy was vol lof vir owerhede se vinnige reaksie. Pretorius sê samewerking tussen alle rolspelers in die streek is uiters belangrik om die landbou-sektor staande te hou…
12 Oct 12AM 1 min

Nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer

Die Suid Afrikaanse minister van bosbou, visserye en die omgewing, David Maynier, het 'n nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer om grasvelde, biodiversiteit en belangrike waterbronne te beskerm. Die Grasslands-nasionale park beslaan meer as tienduisend hektaar tussen Nqanqarhu en Rhodes. Sanparke sal die park bestuur, waar grondeienaars kan voortgaan…
11 Oct 11PM 1 min

Warm, sonnige week vir Namibië voorspel

Met ‘n bewokte en koel oggend wat die week hier in Windhoek afskop sal Namibië vandeesweek warm, oorwegend sonnige weer ervaar, na aanvanklike verbygaande buie en donderstorms Sondag. Dagtemperature in die sentrale binneland sal in die hoë 20's (°C) begin en teen die naweek geleidelik tot in die lae tot…
11 Oct 11PM 1 min