
Miljarde N$ vloei na buiteland vir gespesialiseerde olie- en gassektordienste
Loading player...
Miljarde Namibiese dollar vloei tans na die buiteland vir gespesialiseerde dienste in die olie- en gassektor. Die Bank van Namibië sê dat die land in die tweede kwartaal vanjaar 'n netto uitvloei van 4,8 miljard Namibiese dollar vir dienste aangeteken het, 'n 51,1 persent styging in 'n jaar, deels weens olie- en gaseksplorasie op see. Isabel von Oelhafen, bestuurder vir sakeontwikkeling by Namibia Oil and Gas, doen 'n beroep op groter samewerking tussen Namibiese ondernemings.

