Sondagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer
Loading player...
PREDIKER 11
Werp jou brood op die water
1Werp jou brood op die water,
eendag kry jy dit terug.
2Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke,
want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie.
3As die wolke vol water is,
reën hulle leeg op die aarde;
of 'n boom nou suid of noord val,
dit bly lê waar dit geval het.
4Wie die wind bly dophou, saai nie,
wie na die wolke bly kyk, oes nie.
5Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles.
6Saai jou saad in die môre,
gaan in die laatmiddag daarmee voort.
Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie
en of altwee ewe goed sal wees nie.
Dink aan jou Skepper
7Die lig is aangenaam,
dit is goed vir die oë om die son te sien.
8As 'n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees.
Maar jy moet onthou dat die donker dae van die dood wat kom, ook baie is.
Alles kom tot niks.