
Multi-miljoen-rand Mandrax-laboratorium in Noordwes ontdek
Loading player...
Die polisie in Noordwes het drie Suid-Afrikaners en ʼn Zimbabwiër in hegtenis geneem na die ontdekking van ʼn multimiljoen-rand Mandrax-vervaardigingslaboratorium op ʼn kleinhoewe by Hartbeespoort-dam. Die polisie het inligting ontvang oor moontlik onwettige aktiwiteite op die perseel. Die provinsiale polisiekommissaris, Arthur Adams, sê toe hulle op die perseel aankom, het Brits se misdaadintelligensie en die Hartbeespoortdam-honde-eenheid die vier verdagtes gevind. Hy sê hulle het ook afgekom op vier vuurwapens, ʼn mengsel om dwelms te maak en toerusting wat vermoedelik gebruik word om dwelms te vervaardig:

