Windhoek aangewys as agtste-gegradeerde stad in Afrika

Loading player...
Windhoek is aangewys as die agtste-gegradeerde stad in Afrika en 411ste wêreldwyd, in die 2026 Oxford Economics Global Cities Index. Die munisipaliteit het in die omgewingkategorie 'n telling van 84 gekry, en 'n bestuursgradering van 63.4, wat sy verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid en verantwoordelike stedelike ontwikkeling weerspieël. Die punte vir ekonomie, menslike kapitaal en lewenskwaliteit is nie deur die Stad Windhoek bekendgemaak nie. Stadswoordvoerder Celie Kapolo:
7 Oct 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer

Die Suid Afrikaanse minister van bosbou, visserye en die omgewing, David Maynier, het 'n nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer om grasvelde, biodiversiteit en belangrike waterbronne te beskerm. Die Grasslands-nasionale park beslaan meer as tienduisend hektaar tussen Nqanqarhu en Rhodes. Sanparke sal die park bestuur, waar grondeienaars kan voortgaan…
11 Oct 11PM 1 min

Warm, sonnige week vir Namibië voorspel

Met ‘n bewokte en koel oggend wat die week hier in Windhoek afskop sal Namibië vandeesweek warm, oorwegend sonnige weer ervaar, na aanvanklike verbygaande buie en donderstorms Sondag. Dagtemperature in die sentrale binneland sal in die hoë 20's (°C) begin en teen die naweek geleidelik tot in die lae tot…
11 Oct 11PM 1 min

Onstabiliteit gaan ANC knou by stembus

Die nasionale plaaslike verkiesings aanstaande maand in Suid-Afrika bly in die nuus. Professor André Duvenhage, politieke wetenskaplike aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom, het sy mening in die verband so aan Kosmos 94.1verwoord: André Duvenhage Naweek
11 Oct 5AM 1 min

Blou vlae wapper nog 'n seisoen op Kaapste strande

Agt strande in Kaapstad het hul volle Blouvlag-status vir die 2026/27-seisoen behou, terwyl nog vier as proefstrande aangewys is. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê dit is die vyfde agtereenvolgende seisoen waarin agt strande die volle Blouvlag-status behaal, wat Kaapstad se 25-jarige deelname aan die internasionale Blouvlag-program…
11 Oct 4AM 1 min

Dringend meer psigiaters nodig

Namibië beoog om jaarliks drie dokters as spesialiste in psigiatrie op te lei in ’n nuwe poging om die land se geestesgesondheidsdienste te versterk. Gesondheidsminister Esperance Luvindao het die plan Saterdag op Wêreldgeestesgesondheidsdag aangekondig. Luvindao het in Windhoek ’n ministeriële verklaring en verbintenis tot geestesgesondheid onderteken, met visepresident Lucia Witbooi…
11 Oct 3AM 1 min