
FNB Kudus reg om titel teen FNB Wanderers Saterdag te verdedig
Loading player...
Die FNB Kudus sien daarna uit om hul titel hierdie Saterdag teen FNB Wanderers te verdedig in 'n hoogs verwagte eindstryd van die Namibië-rugbyunie se Premierliga op die Hage Geingob-stadion. Kosmos 94.1 Nuus het met die Kudus se hoofafrigter, Cameron Langenhoven, gesels wat sê die span is in uitstekende vorm en vasbeslote om die wedstryd 'n mededingende een te maak.

