
Staatskuld bly styg, kan goed wees, maar...
Loading player...
Reaksie word ontvang op Namibië se toenemende binnelandse staatskuld, wat in September 168 miljard Namibiese dollar bereik het, 'n styging van 19 persent vergeleke met 'n jaar gelede. Die toename is aangedryf deur meer binnelandse geregistreerde effekte en tesourie-wissels. Die beleggingsontleder Kara van den Heever van Momentum sê dat staatslenings ekonomiese groei kan ondersteun, mits die geld aangewend word vir produktiewe beleggings met 'n hoë opbrengs wat groei vinniger genereer as wat dit kos om die skuld te diens.

