
Ondersoekeenheid kla oor terugvoer oor vervolgings
Loading player...
Die Spesiale Ondersoekeenheid het 'n eenheid gestig om te monitor hoeveel van sy verwysings na die Nasionale Vervolgingsgesag op suksesvolle vervolgings uitloop. Die hoof, Leonard Lekgetho, het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Justisie gesê hulle het vanjaar reeds meer as 700 verwysings gedoen. Die komitee se voorsitter, Xola Nqola, sê die eenheid se werk is tevergeefs indien daar nie op verwysings reageer word nie. Lekgetho sê dis moeilik om terugvoer te kry:

