
WGO vra Rusland vir meer inligting oor laboratorium-sterfte
Loading player...
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die Russiese regering gevra vir meer inligting oor die dood van 'n werknemer by 'n Siberiese pesnavorsingseenheid. Dit sluit in besonderhede oor die laboratoriumtoetse wat op haar gedoen is, het die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus in 'n media-inligtingsessie gesê. Die organisasie het Rusland ook gevra vir meer besonderhede oor die openbare gesondheidsmaatreëls wat ingestel is, die gesondheidstatus van die vrou se kontakte, en of 'n tweede werknemer met "longontsteking van 'n onbepaalde oorsaak" besmet is.

