
Aksie-belaaide Saterdag beloof by Itumba Enduro
Loading player...
Die Itumba Enduro bring Saterdag aksie vol adrenalien na die suidelike buitewyke van Windhoek. Pieter van Helsdingen, ondervoorsitter van die Enduro-klub, het met Motor Media Namibia oor die naweek se geleentheid gesels. Hy het ook belangstellendes uitgenooi om die dag te kom geniet, die Enduro-ryers persoonlik te ontmoet en meer oor die sport te wete te kom.

