
Ramaphosa: Covid-19 beklemtoon behoefte aan plaaslike gesondheidsektor-vervaardiging
Loading player...
Die Suid Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Covid-19-pandemie het die behoefte uitgelig om Suid-Afrika se plaaslike wetenskaplike, tegnologiese en farmaseutiese vervaardigingsvermoë te versterk. Ramaphosa het op die bekendstelling van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad se FuturePharma-fasiliteit in Tshwane gepraat. Hy sê groter plaaslike produksievermoë is noodsaaklik om gesondheids-veiligheid te beskerm en veerkragtigheid vir toekomstige gesondheidsnoodgevalle te bou:

