
SAners kry nuwe hulpmiddel om ongewenste bemarking te stop
Loading player...
Die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie het 'n gratis nasionale register bekendgestel waar verbruikers kan aandui as hul nie direkte bemarkingsboodskappe wil ontvang nie. Kommissaris Hardin Ratshisusu het op 'n nuuskonferensie gesê verbruikers kan regstreekse bemarkers vooraf blok, terwyl bemarkers verbruikers gereeld van hulle lys moet verwyder. Ratshisusu voeg by dit sal geleidelik ingestel word, met verbruikers wat vanaf Mei volgende jaar sal kan registreer en bemarkers blok:

