
IPPR bekommerd oor regering se nuwe verkrygingsregulasies
Loading player...
Nuwe regerings-verkrygingsregulasies wek kommer by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die instituut voer aan dat die veranderinge, wat op 4 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer is, openbare verkryging meer kwesbaar kan maak vir politieke druk en korrupsie. Die IPPR se Frederico Links het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê dat die veranderinge onverwags gekom. Links sê dit lyk of die veranderinge aangebring is om die regering se ontwikkelings-agenda te bespoedig, terwyl wysigings aan die Wet op Openbare Verkryging nog ontwikkel word.

