
Napha: Uitvoere van bergsebras na VSA goeie nuus
Loading player...
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging sê die goedkeuring deur die VSA se Fish and Wildlife Service van die invoer van Kaapse bergsebras uit Suid-Afrika, beklemtoon die groeiende internasionale erkenning van volhoubare jag as 'n geldige bewaringsinstrument. Kristin Maritz van Napha wys daarop dat, hoewel Namibië se Hartmann-bergsebras reeds kragtens CITES-reëls na die VSA uitgevoer kan word, die instandhouding van betroubare wetenskaplike data noodsaaklik is vir die beskerming van die land se bewaringsmodel. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

