
Amutse: 'Beleggers gaan streng aan hul beloftes gehou word'
Loading player...
Die minister van nywerheid, mynbou en energie, Modestus Amutse, het beleggers daaraan herinner dat die land sy reguleringsraamwerk bygewerk het om beleggers streng aan hul beloftes te hou. Tydens die opening van die eerste Mynbouberaad vir die Kunene-streek vanoggend, het Amutse by beleggers daarop aangedring om nie indiensnemingsyfers te oordryf wanneer hulle om bedryfslisensies en -permitte aansoek doen nie.

