
El Niño bring droë en baie warm Kersseisoen
Loading player...
Met 'n moontlike nat en koeler naweek wat voorspel word, waarsku weerkenners dat Namibiërs nie te gerus moet raak en dink dit gaan 'n koel en nat Desember en Januarie wees nie. Professor in weerkunde aan die Universiteit van Pretoria, professor Willem Landman, sê 'n baie sterk El Niño het reeds posgevat in Namibië en die res van Suider-Afrika, met dag-temperature wat oor die volgende paar weke gaan toeneem, wat baie droë toestande regoor die streek gaan meebring:

