
BIG-koalisie kritiseer opskorting van toelaag-aansoeke
Loading player...
Die Basiese Inkomstetoelaag-koalisie het die opskorting van nuwe registrasies vir die voorwaardelike basiese inkomste-toelaag gekritiseer en sê die stap kom op 'n tydstip wanneer kwesbare huishoudings steeds armoede, werkloosheid en honger in die gesig staar. Die welsynsministerie het gesê dat die maandelikse toelaag van 600 Namibiese dollar altesaam 27 132 begunstigdes bereik het, maar nuwe aansoekers sal moet wag... Tot-dat bykomende befondsing verseker is. Rinaani Musutua van die koalisie het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die situasie is onaanvaarbaar.

