
Zaamwani sê sy is bewus van water-uitdagings in Rehoboth
Loading player...
Landbouminister Inge Zaamwani sê sy is bewus van die uitdagings wat Rehoboth-inwoners met hul watergehalte ervaar. Sy het Donderdag op ‘n vraag van Swapo-LP Sharonice Busch bevestig dat NamWater met die Rehoboth-dorpsraad werk om so gou moontlik aan inwoners se klagtes aandag te gee en om die watergehalteprobleem dringend op te los.

