
Umalusi gereed vir 2026-matriek-eindeksamen
Loading player...
Die raad vir onderwys-gehalteversekering, Umalusi, sê Suid-Afrika is grootliks gereed vir volgende week se begin van die matriek-eindeksamen. Uitvoerende hoof Mafu Rakometsi sê 964-duisend-201 kandidate is geregistreer, met die Nasionale Senior Sertifikaat wat 92-persent verteenwoordig. Die eksamen sal in sewe-duisend-en-57 sentrums afgelê word. Rakometsi sê veilige stelsels is ingestel vir die drukwerk, bewaring en verspreiding van vraestelle. Eksamen-owerhede het altesaam 283 vakvraestelle goedgekeur vir drie kwalifikasies en vier beoordelings:

