
RPO: Ondanks BKS-uitbreking bly SA vleispryse bestendig
Loading player...
Die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie van Suid Afrika sê dat vleispryse in die buurland, ondanks die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië, redelik bestendig bly. Daar is egter 'n merkbare styging in speenkalwerpryse bespeur ná die uitbreking op 22 September bevestig is. Frikkie Maree, uitvoerende beampte van die RPO, sê die prys van 94 Namibiese dollar per kilogram vir speenkalwers in daardie week was 32 persent hoër as die September 2025-prys. Maree sê Suid-Afrika voer nie groot getalle stoorlammers vanaf Namibie in nie, en daarom het stoorlammerpryse nie baie beweging getoon nie:

