
Regter Esi Schimming-Chase neem afskeid van Gert Strydom
Loading player...
Die voormalige Hoofregter Gert Strydom is vandag tydens 'n staatsgedenkdiens in die Parlementstuine in Windhoek vereer vir sy onwrikbare toewyding aan geregtigheid. Strydom, wat op 88-jarige ouderdom in Swakopmund oorlede is, het van 1999 tot 2003 as Namibië se derde Hoofregter gedien. Regter Esi Schimming-Chase van die Hooggeregshof het sy nalatenskap geprys en hom beskryf as 'n verdediger van geregtigheid wat uitsprake gelewer het sonder begunstiging of diskriminasie op grond van ras of geloof.

