
Aftakeling van stigma oor geestesgesondheid noodsaaklik
Loading player...
Vandag is Wêreldgeestesgesondheidsdag. Namibië plaas vanjaar die stemme van mense wat self met geestesgesondheidsprobleme worstel, in die kollig. Die land se tema vir die dag, “werklike ervarings, werklike stemme, werklike verandering” is ook daarop gemik om die stigma rondom geestesgesondheid af te breek. Vandag is terselfdertyd die afsluiting van Namibië se maandlange bewusmakingsveldtog oor geestesgesondheid en selfdoodvoorkoming. Die internasionale boodskap is om die gesprek oor selfdood te verander, stilte te verbreek en mense wat swaarkry sonder oordeel te ondersteun. Prof. Frikkie Booysen, ‘n Namibiese gesondheidsekonoom by die Universiteit van die Witwatersrand, verduidelik wat ons hoor en lees is maar net die oortjies van die vernietigende seekoei:

