Sondagoggend Erediens - Past Marius Jacobs

Loading player...
EKSODUS 3
God openbaar Hom aan Moses
1Moses het die kleinvee van sy skoonpa Jetro, 'n priester van Midian, opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag totdat hy by Horeb, die berg van God, gekom het.
2Toe verskyn die Engel van die Here aan hom in 'n vlam binne-in 'n doringbos. Terwyl hy kyk, sien hy dat die doringbos aanhou brand, maar nie uitbrand nie. 3En Moses sê vir homself: “Ek wil tog 'n bietjie nader gaan om hierdie wonderlike verskynsel te bekyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie?”
4Toe die Here sien dat hy nader kom om te kyk, roep God na hom uit die doringbos: “Moses! Moses!”
En hy antwoord: “Hier is ek.”
5Die Here sê toe vir hom: “Moenie nóg nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond.” 6Verder sê Hy: “Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.”
Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk.
18 Oct 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Past Franko van der Vlies

EKSODUS 4 1Maar toe sê Moses: “Sê nou die Israeliete glo my nie en hulle luister nie na my nie en hulle sê die Here het nie aan my verskyn nie?” 2Toe vra die Here vir hom: “Wat het jy in jou hand?” “'n Kierie,” antwoord Moses. 3“Gooi die kierie…
1 Nov 2AM 25 min

Saterdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

LUKAS 5 Die roeping van die eerste dissipels (Matt. 4:18-22; Mark. 1:16-20) 1Op 'n dag toe Jesus langs die Gennesaretmeer staan en die skare vorentoe beur om die woord van God te hoor,
31 Oct 2AM 18 min

Vrydag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

HANDELINGE 22 Paulus vertel van sy bekering (Vgl. Hand. 9:1-19; 26:12-18) 1“Broers en vaders, luister na wat ek nou tot my verdediging vir julle wil sê.” 2Toe hulle hoor dat hy Hebreeus praat, het hulle nog stiller geword. 3Hy gaan toe voort: “Ek is 'n Jood wat in Tarsus in…
30 Oct 2AM 18 min

Donderdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

MATTEUS 26 Die paasmaaltyd word voorberei (Mark. 14:12-21; Luk. 22:7-14) 17Op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood kom die dissipels na Jesus toe en vra: “Waar wil U hê moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet?”
29 Oct 2AM 10 min

Woensdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

LUKAS 9 Om Jesus te volg (Matt. 16:24-28; Mark. 8:34 – 9:1) 23Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg,
28 Oct 2AM 9 min