
SA NVG: Geen lasbrief is vir inhegtenisneming van March and March-leier uitgereik
Loading player...
Die Nasionale Vervolgingsgesag het bewerings ontken dat 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van Jacinta Ngobese-Zuma, leier van die March and March-beweging, en haar man, Xolani, uitgereik is. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Kaizer Kganyago, sê die instelling neem onafhanklik vervolgingsbesluite wat gegrond is op die Grondwet, die wet en bewyse, sonder opdragte van politieke partye of openbare ampsdraers. Kganyago het 'n beroep op organisasies gedoen om nie ongegronde bewerings te maak wat die strafregtelike regsproses kan ondermyn nie:

