Namibië waarsku teen herhaling van entstofnasionalisme

Loading player...
Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Penda Naanda, sê die entstof nasionalisme tydens die COVID-19-pandemie het wêreldwye solidariteit ondermyn en ontwikkelende lande blootgestel, en Afrika waarsku teen herhaling daarvan. Namibië, wat hierdie maand die Afrika-groep by die VN voorsit, het die groep se standpunt by die 81ste Algemene Vergadering oorgedra. Die Afrika-groep ondersteun die nuwe VN Politieke Verklaring oor Pandemievoorkoming, -paraatheid en -reaksie, maar hou vol dat billike toegang tot gesondheidstegnologie nie onderhandelbaar is nie. Die groep wil ook hê die tekortkominge wat deur COVID-19 uitgewys is, moet reggestel word voordat die volgende pandemie toeslaan.
16 Oct 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië  se ryk olievelde die ster by African Energy Week

Namibië se ryk olievelde het vandeesweek opnuut opslae by die African Energy Week in Kaapstad gemaak. Mike Sangster, die senior visepresident van TotalEnergies het die Venus- en Mopane-projekte as een van die oliereus se hoogtepunte uitgelig:
16 Oct 5AM 1 min

MISA vra werkers moet betrek word by besluite oor KI

Die Motorbedryf-personeelvereniging sê tegnologiese verandering moet werkers bevoordeel en nie net ondernemings nie, aangesien outomatisering en kunsmatige intelligensie werkplekke hervorm. Dié kwessie is by die agtste nasionale kongres van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie geopper, wat fokus op die waardigheid van werkers, regte en die toekoms van werk. Die woordvoerder van MISA,…
16 Oct 4AM 1 min

BoN en Deutsche Bundesbank hernu tegniese samewerking-ooreenkoms

Die Bank van Namibië en Duitsland se Deutsche Bundesbank het hul memorandum van ooreenkoms hernu om tegniese samewerking en institusionele kapasiteit in sentrale bankwese te bevorder. Die raamwerk bou voort op meer as 'n dekade van samewerking en fokus op tegniese bystand, gespesialiseerde opleiding en menslike kapitaalontwikkeling. Die sentrale bank…
16 Oct 4AM 1 min

SA NVG: Geen lasbrief is vir inhegtenisneming van March and March-leier uitgereik

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bewerings ontken dat 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van Jacinta Ngobese-Zuma, leier van die March and March-beweging, en haar man, Xolani, uitgereik is. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Kaizer Kganyago, sê die instelling neem onafhanklik vervolgingsbesluite wat gegrond is op die Grondwet, die wet en…
16 Oct 3AM 1 min

Betroubare elektrisiteit bly belangrike deel van Namibië se ekonomiese groei

Stad Windhoek-raadslid, Mateus Shoongo, sê betroubare en toeganklike elektrisiteit bly ‘n belangrike deel van Namibië se ekonomiese groei, sosiale ontwikkeling en effektiewe munisipale dienslewering. Tydens ‘n eendag-beraad vir rolspelers in die kragvoorsiening-sektor in Windhoek, Donderdag, het Shoongo gesê dat die stad se vinnige, jaarlike groei druk op die krag-netwerk plaas…
16 Oct 2AM 1 min