ABC van Ouerskap: X - (e)X-familie

Loading player...
Gesinne lyk vandag nie meer almal dieselfde nie. Wanneer ouers uit vorige verhoudings nuwe lewens saam begin, ontstaan daar saamgestelde gesinne – met nuwe rolle, verhoudings, verwagtinge en soms ook heelwat emosies. Hoe bou ’n mens ’n nuwe gesin sonder om bestaande bande te benadeel? En hoe sorg jy dat elke kind steeds veilig, geliefd en belangrik voel? Ons gesels oor die uitdagings én die mooi van saamgestelde gesinne. Sarina gesels met Elsje du Plessis-Basson, lewensafrigter van Re-Mind coaching, spesifiek gefokus op hersaamgestelde
10 Nov 3AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Aktualiteit: Hoe lyk die toekoms van mediese fondse in SA?

Mediese fondsbydraes raak jaar ná jaar duurder, en vir baie Suid-Afrikaanse gesinne word privaat mediese dekking al hoe moeiliker bekostigbaar. Maar waarom gebeur dit, en is die mediese fondse werklik die skuldiges? Een van die grootste bekommernisse is dat jonger, gesonder lede hul mediese fondse verlaat omdat hulle dit nie…
18 Nov 5AM 11 min

Aktualiteit: Staar Pretoria 'n algehele waterkrisis in die gesig?

Gauteng se waterkrisis plaas inwoners, besighede en plaaslike owerhede toenemend onder druk. Die Stad Tshwane het op 16 November 2026 Vlak 2-waterbeperkings met onmiddellike effek aangekondig nadat waterverbruik sedert September die stad se permanente watertoewysing met 34% oorskry het. Die metro moet sy verbruik met 200 miljoen liter per dag…
18 Nov 5AM 8 min

Mansgesondheidsmaand: Prostaatkanker raak al hoe meer mans

November is wêreldwyd bekend as Mansgesondheidsmaand – ’n maand waarin daar spesifiek gefokus word op mans se fisieke en emosionele gesondheid, met besondere aandag aan prostaatkanker. Tog is dit dikwels juis mans wat doktersbesoeke uitstel, simptome ignoreer of nie maklik oor hul gesondheid praat nie. Sarina gesels met Andrew Oberholzer…
18 Nov 5AM 6 min

ABC van Ouerskap: Y - Ystertekort

Yster is ’n belangrike voedingstof vir ’n kind se groei en ontwikkeling. Tog is ystertekort een van die algemeenste voedingstekorte by kinders en kan dit ’n invloed hê op alles van energievlakke tot breinontwikkeling en konsentrasie. Hoe weet ’n ouer of hul kind dalk te min yster inkry? Watter kosse…
17 Nov 5AM 9 min

VERSKILMAKERS: Jy is BROODNODIG-veldtog

Ons almal weet hoe belangrik ’n vol magie en ’n veilige hawe vir ’n kind se toekoms is. Vandag gesels ons oor ’n projek wat presies dít bied – Solidariteit Helpende Hand se Broodnodig-projek. Deur kleuterskole en naskoolsentrums regoor die land te ondersteun, sorg hierdie inisiatief dat honderde kwesbare kinders…
12 Nov 5AM 9 min