
ABC van Ouerskap: Y - Ystertekort
Loading player...
Yster is ’n belangrike voedingstof vir ’n kind se groei en ontwikkeling. Tog is ystertekort een van die algemeenste voedingstekorte by kinders en kan dit ’n invloed hê op alles van energievlakke tot breinontwikkeling en konsentrasie. Hoe weet ’n ouer of hul kind dalk te min yster inkry? Watter kosse kan help en wanneer moet ’n mens bekommerd raak? Sarina gesels met dieetkundige Shani la Grange.

