
Mansgesondheidsmaand: Prostaatkanker raak al hoe meer mans
Loading player...
November is wêreldwyd bekend as Mansgesondheidsmaand – ’n maand waarin daar spesifiek gefokus word op mans se fisieke en emosionele gesondheid, met besondere aandag aan prostaatkanker. Tog is dit dikwels juis mans wat doktersbesoeke uitstel, simptome ignoreer of nie maklik oor hul gesondheid praat nie. Sarina gesels met Andrew Oberholzer van die Prostaatkankerstigting oor die belangrikheid van vroeë opsporing, bewusmaking en waarom mans nie hul gesondheid agterweë moet laat nie.

