Aktualiteit: Hoe lyk die toekoms van mediese fondse in SA?
Loading player...
Mediese fondsbydraes raak jaar ná jaar duurder, en vir baie Suid-Afrikaanse gesinne word privaat mediese dekking al hoe moeiliker bekostigbaar. Maar waarom gebeur dit, en is die mediese fondse werklik die skuldiges?
Een van die grootste bekommernisse is dat jonger, gesonder lede hul mediese fondse verlaat omdat hulle dit nie meer kan bekostig nie. Dit laat ’n ouer, duurder risikopoel agter, wat verdere bydraeverhogings kan meebring. Solidariteit het daarom ’n wetsontwerp voorgelê met voorstelle om die befondsing van private gesondheidsorg te hervorm. Ons gesels met Theuns du Buisson van die Solidariteit Navorsingsinstituut oor wat dit uiteindelik vir gewone Suid-Afrikaanse huishoudings kan beteken.