Saterdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

Loading player...
1 KONINGS 19
Elia vlug vir Isebel
1Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. 2Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: “Mag die gode my om die lewe bring as ek nie môre teen hierdie tyd met jou gemaak het soos jy met die profete nie.”
3Elia het bang geword en ter wille van sy lewe gevlug. Toe hy by Berseba in Juda kom, het hy sy slaaf daar agtergelaat. 4Hy self het egter 'n dagreis ver die woestyn in gegaan. Daar het hy onder 'n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.”
5Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud 'n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!”
6Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek wat op warm klippe gebak is, en 'n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. 7Die engel het 'n tweede keer aan hom geskud en gesê: “Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word.”
8Toe staan hy op en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God.
21 Nov 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

LUKAS 2 Die geboorte van Jesus (Matt. 1:18-25) 1In daardie tyd het keiser Augustus 'n bevel uitgevaardig dat 'n volkstelling in die hele ryk gehou moet word. 2Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië. 3Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na…
20 Nov 1AM 10 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

PSALMS 121 My hulp kom van die Here 1'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? 2My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. 3Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie…
19 Nov 1AM 10 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

JEREMIA 29 'n Brief aan die ballinge 1Dit is 'n afskrif van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het na die leiers van die ballinge wat nog oor was, en na die priesters en die profete en die hele volk wat deur Nebukadnesar uit Jerusalem na Babel…
18 Nov 1AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

MARKUS 6 Die twaalf apostels kom terug (Matt. 14:13-14; Luk. 9:10-11; Joh. 6:1-4) 30Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. 31Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels…
17 Nov 1AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

KLAAGLIEDERE 3 Ek hoop op God 1Ek is die man wat ellende belewe het. Die Here het my met sy toorn geslaan. 2Hy het my die donker in gejaag, my laat loop op 'n pad sonder lig. 3Vir my stoot Hy gedurig weg, dag na dag. 4Hy het my hele…
16 Nov 1AM 10 min