NUM hou optog na De Beers in Kimberley
Loading player...
Die mynwerkersvakbond, NUM hou vandag 'n optog na De Beers in Kimberley om die maatskappy te dwing om die verkoop van sy Kimberley-myne op te skort.
Die vakbond is woedend oor De Beers se besluit om Kimberley-myne aan Ekapa Mining en Petra Diamonds te verkoop. Die myne is laat verlede jaar as lopende saak verkoop, wat beteken dat werknemers met gelykstaande salarisse en voordele oorgeplaas word.
'n Woordvoerder vir die NUM, Orapeleng Moraladi, sê hulle is nie oor die besluit geraadpleeg nie.
Intussen sê De Beers se woordvoerder, Tom Tweedy, die besluit is geneem na ‘n lang konsultasieproses waar daar na al die opsies gekyk is om die myn se leeftyd tot na 2018 te verseker.