
Plaasaanvalle neem toe in die Vrystaat
Loading player...
Plaasaanvalle in die Vrystaat het verlede jaar ‘n beduidende toename getoon. Volgens statistieke wat Vrystaat Landbou (VL) en VKB se veiligheidsafdeling oor misdaad in landelike gebiede ingesamel het, was daar altesaam 79 plaasaanvalle verlede jaar in die provinsie gewees. Dit is ‘n beduidende toename teenoor die getal plaasaanvalle in vorige jare. Luidens statistieke is daar in 2013 altesaam 36 aanvalle op plase uitgevoer teenoor altesaam 52 plaasaanvalle in 2014. In die 2015-aanvalle is 22 mense vermoor, waarvan 14 plaaswerkers of hul kinders was. Dít teenoor 28 plaasmoorde in 2013 en 24 moorde wat in 2014 op plase gepleeg is. Altesaam 23 plaaswerkers is in 2013 en 15 werknemers in 2014 op plase vermoor. Voorsitter van Vrystaat Landbou se wet-en-orde-komitee, Tommie Esterhuyse, sê dié skerp toename in plaasaanvalle is kommerwekkend. Hy meen werkloosheid is een van die faktore wat bydra tot die toename in misdaad.
Esterhuyse sê die tekort aan mannekrag en voertuie in die polisie wek ook kommer.
Esterhuyse sê die tekort aan mannekrag en voertuie in die polisie wek ook kommer.

