NWU gereed vir registrasiesproses
Loading player...
Die Noordwes Universiteit (NWU) het gebeurlikheidsplanne in plek sou enige protesaksie opvlam gedurende die registrasieproses. Die NWU-woordvoerder, Louis Jacobs, sê hulle sal ‘n hofinterdik bekom indien nodig. Dit kom nadat die studenteraad vroeër aangekondig het dat geen student verhoed moet word om te registreer. Jacobs sê studente wat nie verlede jaar die geleentheid gekry het nie is tans besig om eksamens op die Mafikeng-kampus af te lê en dat die registrasieproses op al drie kampusse vandag afskop.
Jacobs sê verdienstelike studente en diegene wat akademies goed gevaar het sal finansieël bygestaan word. Hy sê die bestuur van die universiteit sal egter met die departement van Hoër Onderwys moet vergader nadat daar vroeër berig is dat die universiteit ‘n bykomende R90-miljoen benodig om studente by te staan.