Tlokwe-stadsraad sit stryd om raadsvergadering te belê in hof voort

Loading player...
Die gesamentlike opposisie in die Tlokwe Stadsraad het vanmiddag 'n dringende aansoek dat die Speaker, Barei Segotso, 'n raadsvergadering moet belê, in die Noord-Gauteng Hooggeregshof voortgesit.

Volgens hul regsverteenwoordiger, Hans-Jurie Moolman, sal slotargumente na verwagting more gelewer word, in die hoop dat ’n uitspraak binne die volgende paar dae gelewer sal word.

Segotso het reeds twee keer vantevore geweier om 'n vergadering te belê, sonder om redes daarvoor te verskaf. Dit volg ná die tussenverkiesings van 2013 tersyde gestel is weens ongeruimdhede tydens die verkiesingsproses.

Moolman voer aan dat dit ’n magsverskuiwing in die stadsraad tot gevolg gehad het, met die gesamentlike opposisie wat ’n meerderheid van een plek het.

Dane Beisheim/OFM Nuus
19 Jan 2016 10AM English South Africa News · Business

Other recent episodes