Presidensiële wag vandag gevonnis
Loading player...
Vonnisoplegging van 'n lid van die presidensiële beskermingseenheid begin na verwagting vandag in die Potchefstroom-landdroshof.
Malose Makonyane is gister skuldig bevind op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging, die rig en afvuur van ’n vuurwapen, roekelose bestuur, asook die roekelose ingevaarstelling van persone.
Sy medebeskuldigde, Sankoela Lepota is vrygespreek nadat Landdros Louisa Mabille bevind het dat daar nie genoegsame bewyse was om Lepota skuldig te bevind op die aanklagte teen hom nie.
OFM-nuus se Dane Beisheim berig die saak hou verband met 'n padwoedevoorval in Augustus 2013 op die N12 waartydens 'n skoot afgevuur en 'n motor se linkervoorwiel getref is.