Vier verskyn in verband met moord op Potchefstroomse veeboer

Loading player...
Vier mense wat verbind word met die moord op ’n Potchefstroomse veeboer het vanoggend vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die saak teen Samuel Motsi, Malumo Ngcamphalala, Aida Lebaka en Tefo Mohua is tot 18 Maart uitgestel sodat die hof terugvoer vanaf die Direkteur van Openbare Vervolging kan kry rakende ’n datum vir ’n Hooggeregshofsitting.

Die vier word aangekla van die moord op die 68-jarige Koos van der Leeuw tydens ’n rooftog by die Potchefstroomse abbatoir. Die verdagtes het weggekom met meer as R77 000 en ’n selfoon.

Lebaka en Mohua het met hul vorige verskynings hul borgaansoeke laat vaar en sal in aanhouding bly.

OFM-nuus se Dane Beisheim berig dat Ngcamphalala se borg van R10 000 verleng is, terwyl Motsi vanoggend aansoek gedoen het dat sy borg verminder moet word.
22 Jan 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes