
Nuwe intrekkers op PUK
Loading player...
Benewens die eerstejaars is daar ook ’n ander groep nuwelinge wat hulself tans tuis maak by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. ’n Trop blouape het vermoedelik weens die knaende droogte in die provinsie agter kos aangetrek na die kampus toe. Volgens kampuswoordvoerder, Kiewiet Scheppel is dit nie ’n vreemde verskynsel nie, en het die ape al voorheen die kampus betree agter kos aan. Alhoewel die ape se teenwoordigheid nog geen ernstige skade tot gevolg gehad het nie, sê sy hou die universiteitsbestuur die situasie dop en sal die DBV gekontak word indien nodig. Intussen sê sy word studente vermaan om liefs nie die ape te voer nie.

