
Vragmotor met veevoer vat vlam op VS-pad
Loading player...
'n Vragmotor en sleepwa met veevoer wat geskenk is aan boere wat gebuk gaan onder die droogte het gister tussen Theunissen en Brandfort in die Vrystaat vlamgevat. Sowat 80 bale mieliereste van die organisasie 'Boere in Nood', wat bestem was vir boere in Bray in die Noord-Kaap, is verwoes. Stigter van die organisasie, NC Schoombee, sê ‘n brandende sigaretstompie het waarskynlik veroorsaak dat ‘n vragmotor met die veevoer aan die brand geslaan het. Die oorsaak van die brand word egter nog ondersoek. Schoombee sê vyf vragmotors was onderweg na Bloemfontein om die veevoer, wat later na die Noord-Kaap versprei sou word, af te laai. Veevoer op 'n tweede vragmotor het ook gebrand. Schoombee sê die skade beloop R3-miljoen.
Boere in Nood het die vrag veevoer op Lichtenburg in Noordwes aangekoop.
Boere in Nood het die vrag veevoer op Lichtenburg in Noordwes aangekoop.

