Vermiste Lily-mynwerkers nog 2 tot 3 weke vasgekeer
Loading player...
Die soektog na drie vermiste mynwerkers by die Lily-goudmyn naby Barberton in Mpumalanga gaan eers oor twee of drie weke hervat word.
Mike McChesney, uitvoerende hoof van Vantage Goldfields, wat die myn besit, het gisteraand op 'n nuuskonferensie gesê die rotsingenieurs en geoloë wat die afgelope 48 uur planne beraam het om by die drie werkers uit te kom, het bevind dat ’n tweede skag gesink moet word. Dit gaan volgens hom twee of drie weke duur om die skag te boor.
Pretty Nkambule, Solomon Nyarende en Yvonne Mnisi is sedert 5 Februarie ondergronds vasgekeer nadat die skag ineengestort het.