Tlokwe-tussenverkiesing: Onafhanklike kandidate nader Kieshof

Loading player...
’n Dringende aansoek deur onafhanklike kandidate in die Tlokwe-tussenverkiesing in Noordwes sal 14:00 vanmiddag in die Kieshof in Bloemfontein aangehoor word.

Die kandidate wil hê dat môre se tussenverkiesing uitgestel word. Hulle eis onder meer dat die hof die sertifisering van die kiesersrol hersien en ter syde stel.

Hul regsverteenwoordiger Hans-Jurie Moolman sê die saak handel oor adresse wat nie op die kieserslys verskyn nie.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) voer aan dat daardie verpligting slegs van toepassing is op name wat vir die eerste keer op die kiesersrol verskyn het na 31 November 2015.

Die tussenverkiesing vind plaas nadat die Grondwethof die uitslag van die 2013 tussenverkiesing nietig verklaar het.
23 Feb 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min