'UV-bestuur moet dringend ingryp ná gewelddadige betogings'

Loading player...
AfriForum Jeug sê die universiteitsbestuur by die Universiteit van die Vrystaat (UV) moet dringend ingryp ná gewelddadige betogings op die Bloemfontein-kampus gisteraand.

Klasse is vandag en môre opgeskort nadat betogers 'n Varsitybeker rugbywedstryd gisteraand ontwrig het. Van die rugbyondersteuners het toe op die veld gestorm om die betogers te verwyder. Later het die groep betogers op die kampus met koshuisstudente koppe gestamp. Rubberkoeëls en skokgranate is gebruik.

Koördineerder vir AfriForum se Kovsie-tak, Marike van As, sê studente voel onveilig op kampus. Volgens haar was lede van die universiteit se sekuriteit gisteraand nie genoegsaam teenwoordig om Shimlapark se hekke toe te hou in ‘n poging om betogers van die veld te hou nie.

Van As sê studente wil weet hoekom die visekansellier, Jonathan Jansen, nie ingryp nie.
23 Feb 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Saints on a mission

OFM News, in touch with your world. Covering local and national news focusing on the Free State, Northern Cape, North West and the Vaal. See more: https://www.ofm.co.za/News
29 Oct 7AM 1 min