Voorsorgmaatreëls in plek by NWU se Potch-kampus
Loading player...
Akademiese en administratiewe dienste op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus sal vandag voortgaan. Om dit verseker is ‘n hofbevel ook bekom om enige protesaksie deur betogers op dié kampus te verhoed. NWU-woordvoerder, Louis Jacobs, sê die bevel verbied enige vorm van ontwrigting of inmenging op die kampus. Jacobs sê dit kom nadat daar Vrydag onwettige protesaksies op dié kampus asook by die NWU se Institisionele kantoor was. Rommel is deur betogers gestrooi, maar geen eiendom is beskadig nie. Niemand is ook beseer nie. Jacobs sê sekuriteit is opnuut verskerp.
Intussen bly die NWU se Mafikeng-kampus onbepaald gesluit na gewelddadige betogings verlede week uitgebreek het. Jacobs sê die kampusbestuur moet met oplossings kom sodat die kampus weer ten volle funksioneer. Studente gaan nie elders gehuisves word nie.